Saturday, January 3, 2009

Psalm 8



PSALM 8 - DIE BOODSKAP

As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het - al die planete, melkwegstelsels en miljoene sterre, dan snak ek na my asem en ek sien hoe piepklein die mens regtig is. En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie! Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U belangrik. U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is; U behandel hom soos 'n koning; U gee 'n baie hoe posisie aan om. U wil he dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos U verteenwoordiger. U lat hom soos 'n groot leier regeer oor U handewerk. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het, veral die diere is van hom afhanklik.

~ 5 November 2004, Drakensberg Sun ~

No comments: