Thursday, September 20, 2007

Stilte

Elizabeth Eybers het geskryf:

Ek het vergeet, vergeet
hoe mens jou blootstel, hoe jy
jou laat beseer, deur
onmatig van 'n ander mens te hou.
Jou volsinne het my nooit die
les geleer wat jou swye
my toevertrou.

Ironie is wreed. Ek ry vandag vir die tweede keer van die lughawe af weg met 'n stukkende hart - ek het die twee mense naaste aan my hart vandag afgelaai. Ironies dat hulle beide vandag weggaan vir onderskeidelik 5 en 10 dae en albei gaan Kaap toe. Hulle vlugte enkele ure uitmekaar.
Ek gaan vir 'n wyle in stilte leef. Nie een van hulle weet hoe lief ek hulle regtig het nie.
Meer gepaste woorde as Elizabeth Eybers s'n is daar nie vandag nie.

No comments: