Saturday, November 30, 2013

My Afrikaanse oomblik

Ek het vandag "Die Heuwels Fantasties" se album - Wilder as die Wildtuin gekoop.  Ek koop baie selde Afrikaanse musiek.  DHF se liedjie "Wonder bo Wonder", saam met Coenie de Villiers was die hoofaantrekkingskrag, maar wat 'n aangename verrassing, die res van die album is regtig
goed en ek kan nie wag om dit in die kar te luister nie.

Die Heuwels Fantasties ft. Coenie de Villiers - Wonder bo Wonder




Jy kan sê dis alles toeval
Dis maar soos dit is
Die mense wat mekaar ontmoet
Deur die noodlot so beslis

Ek was al van tevore
Hier waar ons ons bevind
Waar mens ewigdurend trou beloof
Maar jy’s later onbemind

Maar jy trek my soos die maan
Die gety se eb en vloed
Jy laat my dalk weer glo
En jy gee my dalk weer moed

Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?

Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel

So word ‘n mens versigtig
So word mens katvoet wys
As almal iewers heengaan
Bly jy dikwels tuis

Want jy'y later te veel letsels
Wat soos soeweniers die hart
Laat huiwer en versigtig maak
Jy hou hom liefs apart

Maar jy trek my soos die maan
Die gety se eb en vloed
Jy laat my dalk weer glo
En jy gee my dalk weer moed

Want wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?

Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel

Wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?

Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel

Wonder bo wonder
Uiteraard onbeplan
Hoe vat ons nou hierdie ding verder?
En hoe keer ons dit dan?

Wonder bo wonder
Uiteraard onbeman
As alles weer in mekaar inval
Sal jy my oortuig
Om die stukke weer op te tel

No comments: