Friday, August 31, 2007

"'n Hart verskil van dag tot dag"

F.A. Venter skryf in sy boek, " Man van Ciréne":

"het jy al ooit 'n sonop gesien wat net soos 'n ander sonop is, of twee bome wat eenders is. of twee wolke wat soos 'n tweeling lyk?
Dit is onmoontlik. Nou hoe kan 'n hart dan aldag dieselfde wees? Die een dag is daar woede en die een dag is daar vrede. Die een is daar vreugde en die ander dag is daar leed...is dit nie so nie? 'n Hart verskil van dag tot dag."

Vandaar die volgende poging in die bittere winter van Augustus 2004:

Die staalband om my hart trek stywer, wurg die laaste asem uit my uit -
die pyn is helder soos rivierwater wat vloei met die uitgelegde pad na
ledemate se einde en dam daar op in plasse pyn, sodat vingerpunte
my hart se dood eggo.

En skielik verstaan ek waarom ek sukkel om lief te hê. In die winter van 2007 was daar weer pyn, maar ook vreugde vir nuutgevonde vriendskappe en ek glo volgende winter gaan daar volslae vreugde wees. 'n Hart verskil van dag tot dag.

Everybody knows a broken heart keeps on beating.
(1 September 2004)

1 comment:

RobC said...

I could say I have felt the same but no two hearts are the same, they are but half of a whole.
I could say a million words but it would be meaningless.
All I have is my friendship for you to lean on.
That is something that you can depend on.
You are worthy.